1. VIR die musiekleier. Van Dawid. ’n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!
2. Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met ’n leuenagtige tong,
3. en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.
4. Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.
5. En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.
6. Stel ’n goddelose oor hom en laat ’n teëstander staan aan sy regterhand.
7. As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.
8. Laat sy dae min wees; laat ’n ander sy amp neem.