Psalms 109:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. Van Dawid. ’n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!

2. Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met ’n leuenagtige tong,

3. en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.

4. Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.

Psalms 109