14. Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.
15. Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
16. want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.
17. Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is —
18. hulle siel het ’n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom.
19. Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
20. Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
21. Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
22. en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
23. Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters —
24. húlle het die werke van die Here gesien en sy wonders in die diepte.
25. Want Hy het gespreek en ’n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.