Psalms 106:29-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. en hulle het die Here geterg deur hul dade, sodat ’n plaag onder hulle uitgebreek het.

30. Toe het Pínehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou;

31. en dit is hom gereken tot geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid.

32. Hulle het Hom ook vertoorn by die waters van Mériba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil;

33. want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.

34. Hulle het die volke nie verdelg soos die Here aan hulle gesê het nie,

35. maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.

36. En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle ’n strik geword.

37. Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer

38. en onskuldige bloed vergiet — die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het — sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.

39. En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.

40. Toe het die toorn van die Here ontvlam teen sy volk, en Hy het ’n afsku gekry van sy erfdeel.

41. En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;

Psalms 106