Prediker 8:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met ’n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy.

4. Want die woord van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u?

5. Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van ’n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.

6. Want vir elke ding is daar ’n tyd en ’n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.

7. Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees — wie kan hom dit te kenne gee?

8. Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die goddeloosheid hom wat dit begaan, nie red nie.

Prediker 8