11. As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.
12. Die woorde uit die mond van ’n wyse is aangenaam, maar die lippe van ’n dwaas verslind homself.
13. Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die einde van sy mond is skadelike onverstandigheid.
14. En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat ná hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?
15. Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die stad te gaan nie.
16. Wee jou, o land, as jou koning ’n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou.
17. Gelukkig is jy, o land, as jou koning ’n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.
18. Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.
19. Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.
20. Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.