Openbaring 14:1-2 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.

2. En ek het ’n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ’n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.

Openbaring 14