Númeri 7:10-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En die owerstes het die inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer voor die altaar gebring.

11. En die Here het aan Moses gesê: Elke owerste moet, elkeen op ’n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar.

12. En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagson, die seun van Ammínadab, van die stam van Juda.

13. En sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

14. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

15. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

16. een bokram as sondoffer;

17. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Nagson, die seun van Ammínadab.

18. Op die tweede dag het Netáneël, die seun van Suar, die owerste van Íssaskar, aangebring —

19. hy het sy offer gebring: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

20. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

21. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

22. een bokram as sondoffer;

23. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Netáneël, die seun van Suar.

24. Op die derde dag die owerste van die kinders van Sébulon, Elíab, die seun van Helon.

25. Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

Númeri 7