Númeri 36:7-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou.

8. En elke dogter wat ’n erfdeel kry, uit die stamme van die kinders van Israel, moet die vrou word van een uit die geslag van die stam van haar vader, sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy vaders kan erwe.

9. So sal dan ’n erfdeel nie van een stam na ’n ander stam oorgaan nie; want die stamme van die kinders van Israel moet elkeen sy erfdeel vashou.

10. Soos die Here Moses beveel het, so het die dogters van Selófhad gedoen:

11. Magla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die dogters van Selófhad, het die vroue geword van die seuns van hulle ooms;

12. hulle het die vroue geword van manne uit die geslagte van die kinders van Manasse, die seun van Josef. So het dan hulle erfdeel gebly in die stam van die geslag van hulle vader.

13. Dit is die gebooie en die verordeninge wat die Here deur die diens van Moses die kinders van Israel beveel het, in die vlaktes van Moab by die Jordaan van Jérigo.

Númeri 36