28. Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat ’n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.
29. En dit moet vir julle ’n regsinsetting wees in julle geslagte, in al julle woonplekke.
30. As iemand ’n mens doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.