13. En toe Moses en die priester Eleásar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,
14. het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het.
15. En Moses het vir hulle gesê: Het julle al die vroue laat lewe?
16. Kyk, hulle was, deur die raad van Bíleam, vir die kinders van Israel ’n oorsaak van troubreuk teenoor die Here in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van die Here was.