Númeri 3:41-51 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

41. En jy moet vir My — Ek is die Here — die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.

42. En Moses het, soos die Here hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.

43. En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ’n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee-en-twintigduisend-tweehonderd-drie-en-sewentig.

44. En die Here het met Moses gespreek en gesê:

45. Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die Here.

46. Wat aangaan die loskoping van die tweehonderd-drie-en-sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,

47. moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.

48. En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.

49. Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;

50. van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend-driehonderd-vyf-en-sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.

51. En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van die Here, soos die Here Moses beveel het.

Númeri 3