Númeri 3:26-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en sy lyne — alles wat by sy bediening behoort.

27. En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.

28. Volgens die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo, was daar agtduisend-seshonderd wat die diens van die heiligdom waargeneem het.

29. Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die suidekant.

30. En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees Elísafan, die seun van Ússiël.

31. En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee hulle diens doen, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.

32. En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.

Númeri 3