Númeri 26:10-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind, saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat die vuur die tweehonderd-en-vyftig man verteer het; en hulle het tot ’n teken geword.

11. Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie.

12. Die seuns van Símeon volgens hulle geslagte: van Némuel die geslag van die Nemueliete; van Jamin die geslag van die Jaminiete; van Jagin die geslag van die Jaginiete;

13. van Serag die geslag van die Sargiete; van Saul die geslag van die Sauliete.

14. Dit is die geslagte van die Simeoniete, twee-en-twintigduisend-tweehonderd.

15. Die seuns van Gad volgens hulle geslagte: van Sefon die geslag van die Sefoniete; van Haggi die geslag van die Haggiete; van Suni die geslag van die Suniete;

16. van Osni die geslag van die Osniete; van Eri die geslag van die Eriete;

17. van Arod die geslag van die Arodiete; van Areëli die geslag van die Areëliete.

18. Dit is die geslagte van die seuns van Gad volgens hulle geteldes, veertigduisend-vyfhonderd.

19. Die seuns van Juda was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän.

Númeri 26