1. DAARNA het die Here met Moses gespreek en gesê:
2. Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam ’n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.
3. En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.
4. En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom.
5. En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My.
6. Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom ’n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.