6. Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die Here is, sal Ek deur ’n gesig My aan hom bekend maak, deur ’n droom sal Ek met hom spreek.
7. So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou.
8. Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die Here. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?
9. En die toorn van die Here het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.
10. En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en — sy was melaats!
11. Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.
12. Laat sy tog nie wees soos ’n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.
13. En Moses het die Here aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!
14. Toe sê die Here vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.