Nehemía 13:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. OP dié dag is daar voor die ore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daarin het geskrywe gestaan dat geen Ammoniet of Moabiet tot in ewigheid in die vergadering van God mag kom nie,

2. omdat hulle die kinders van Israel nie teëgekom het met brood en water nie, en Bíleam teen hulle gehuur het om hulle te vervloek; maar onse God het die vloek in ’n seën verander.

3. En toe hulle die wet hoor, het hulle al die mense van gemengde bloed uit Israel afgesonder.

4. Maar tevore het Éljasib, die priester wat oor die kamers van die huis van onse God aangestel was, ’n verwant van Tobía,

Nehemía 13