45. En hulle het die ordening van hulle God en die reinigingsordening onderhou; ook die sangers en die poortwagters, volgens die bevel van Dawid en sy seun Salomo.
46. Want in die dae van Dawid en Asaf, van die voortyd af, lê die oorsprong van die sangers en leiers van die lofsang en die danksegging aan God.
47. En die hele Israel het in die dae van Serubbábel en in die dae van Nehemía die aandele van die sangers en van die poortwagters gegee, na die eis van elke dag; en hulle het die heilige gawes afgegee aan die Leviete, en die Leviete aan die seuns van Aäron.