Miga 7:4-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Die beste van hulle is soos ’n doringstruik, die mees opregte erger as ’n doringheining. Die dag van jou wagte, jou besoeking, kom; nou sal hulle verwarring daar wees.

5. Vertrou geen metgesel nie, maak op geen vriend staat nie, let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot lê.

6. Want die seun minag die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder, die man se vyande is sy huisgenote!

7. Maar ek sal uitsien na die Here, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.

Miga 7