Matthéüs 8:4-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. En Jesus sê vir hom: Pas op dat jy dit aan niemand vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer die gawe wat Moses voorgeskrywe het, tot ’n getuienis vir hulle.

5. EN nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ’n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom

6. en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne.

7. Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.

8. En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ’n woord, en my kneg sal gesond word.

Matthéüs 8