1. EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;
2. en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:
3. Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
4. Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
5. Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
6. Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.