70. Maar hy het dit voor almal ontken en gesê: Ek weet nie wat jy sê nie.
71. En terwyl hy uitgaan na die poort toe, sien ’n ander diensmeisie hom en sê aan die wat daar was: Hierdie een was ook by Jesus, die Nasaréner.
72. En met ’n eed ontken hy dit weer: Ek ken die man nie.
73. Maar ’n bietjie later kom die wat daar staan, en sê vir Petrus: Waarlik, jy is ook een van hulle, want ook jou spraak maak jou bekend.
74. Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken die man nie.
75. En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het: Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.