5. Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien oproer onder die volk kom nie.
6. EN toe Jesus in Betánië was in die huis van Simon, die melaatse,
7. kom ’n vrou na Hom met ’n albaste fles met baie kosbare salf, en sy gooi dit op sy hoof uit terwyl Hy aan tafel was.
8. En toe sy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting?
9. Want hierdie salf kon duur verkoop en die geld aan die armes gegee geword het.