1. EN toe Jesus al hierdie woorde geëindig het, sê Hy vir sy dissipels:
2. Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.
3. Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in die paleis van die hoëpriester wat Kájafas genoem word,
4. en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring.
5. Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien oproer onder die volk kom nie.