Matthéüs 24:34-49 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

35. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

36. MAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.

37. En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

38. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,

39. en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

40. Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

41. Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

42. Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

43. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.

44. Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.

45. WIE is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?

46. Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.

47. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.

48. Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom —

49. en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,

Matthéüs 24