Matthéüs 24:3-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

4. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.

5. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

6. En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.

7. Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.

8. Maar al hierdie dinge is ’n begin van die smarte.

9. Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

10. En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.

11. En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.

12. En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.

Matthéüs 24