Markus 7:10-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.

11. Maar julle sê: As ’n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is ’n offergawe —

12. dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie.

13. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.

14. En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan.

15. Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak.

16. As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor!

17. En toe Hy van die skare af in ’n huis gekom het, vra sy dissipels Hom oor die gelykenis.

18. En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie,

19. omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?

20. En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.

21. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,

Markus 7