Markus 16:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Toe gaan hulle haastig uit en vlug van die graf af weg. En bewing en ontsetting het hulle aangegryp. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle het gevrees.

9. EN nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdaléna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het.

10. Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom gewees het, terwyl hulle treur en ween.

11. En toe hulle hoor dat Hy lewe en deur haar gesien is, het hulle dit nie geglo nie.

12. En hierna het Hy in ’n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld.

13. Hulle het ook gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.

14. Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.

15. En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

16. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Markus 16