Markus 15:5-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Maar Jesus het niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.

6. En op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat.

7. En daar was ’n sekere Barábbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand ’n moord begaan.

8. En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.

9. Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?

10. Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.

11. Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat.

12. Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?

13. En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!

14. Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!

15. En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.

16. Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar

Markus 15