Markus 15:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat.

12. Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?

13. En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!

14. Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!

15. En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.

16. Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar

17. en trek Hom ’n purperkleed aan en vleg ’n kroon van dorings en sit dit vir Hom op;

Markus 15