4. En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak.
5. Daarop sê sommige van die wat daar staan, vir hulle: Wat maak julle dat julle die vul losmaak?
6. En hulle antwoord hul soos Jesus beveel het. Toe laat hulle hul begaan.
7. En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit.
8. Toe gooi baie mense hulle klere op die pad oop, en ander kap takke van die bome af en strooi dit op die pad.
9. En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
10. Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele!