7. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
8. en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
9. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
10. En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.
11. En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
12. en as ’n vrou van haar man skei en met ’n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
13. EN hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.
14. Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.