48. En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.
49. En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.
50. EN daar was ’n man met die naam van Josef, ’n lid van die Raad, ’n goeie en regverdige man
51. — hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie — van Arimathéa, ’n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
52. Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra
53. en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in ’n graf wat uit ’n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
54. En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.