Lukas 19:24-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het —

25. en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde —

26. want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.

27. Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.

28. En toe Hy dit gesê het, gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem.

29. EN toe Hy naby Bétfagé en Betánië kom, by die berg wat die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur

30. en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle ’n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.

31. En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? — moet julle so vir hom sê: Die Here het hom nodig.

32. En die wat gestuur was, gaan toe en vind dit soos Hy aan hulle gesê het.

33. En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los?

34. En hulle antwoord: Die Here het hom nodig.

Lukas 19