Lukas 18:35-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. EN terwyl Hy naby Jérigo kom, sit daar ’n blinde man langs die pad en bedel;

36. en toe hy ’n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is.

37. En hulle vertel hom: Jesus die Nasaréner gaan verby.

38. Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!

39. En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!

40. En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom

41. en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.

42. En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.

43. En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.

Lukas 18