Lukas 14:30-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.

31. Of watter koning wat optrek om teen ’n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tienduisend die een te ontmoet wat met twintigduisend teen hom kom nie?

32. Anders stuur hy ’n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.

33. So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.

34. Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

Lukas 14