Lukas 14:14-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

15. EN toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.

16. Maar Hy antwoord hom: ’n Sekere man het ’n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.

Lukas 14