Lukas 14:13-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Maar wanneer jy ’n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,

14. en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

15. EN toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.

16. Maar Hy antwoord hom: ’n Sekere man het ’n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.

17. En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.

18. En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ’n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk Ek vra u, verskoon my tog.

19. En ’n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.

20. En ’n ander een het gesê: Ek het ’n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.

Lukas 14