1. EN toe Hy in die huis van een van die owerstes van die Fariseërs gegaan het om brood te eet op die sabbat, het hulle Hom in die oog gehou.
2. En daar was voor Hom ’n man wat die water gehad het.
3. En Jesus het gespreek en aan die wetgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?
4. Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.
5. En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van julle se esel of os sal in ’n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?
6. En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.
7. EN toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides ’n gelykenis en sê vir hulle:
8. Wanneer jy deur iemand na ’n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,