Lukas 10:13-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.

14. Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

15. En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word.

16. Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.

Lukas 10