Levítikus 9:7-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die Here beveel het.

8. Toe het Aäron na die altaar nader gekom en die sondofferkalf geslag wat vir hom bedoel was.

9. En die seuns van Aäron het die bloed na hom gebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegiet.

10. Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar aan die brand gesteek soos die Here Moses beveel het.

11. En die vleis en die vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.

Levítikus 9