Levítikus 9:3-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En spreek met die kinders van Israel en sê: Neem ’n bokram as sondoffer en ’n kalf en ’n lam, altwee een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,

4. ook ’n bul en ’n ram as dankoffer om voor die aangesig van die Here te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag verskyn die Here aan julle.

5. Toe het hulle voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van die Here.

6. En Moses het gesê: Dit is die saak wat die Here julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van die Here aan julle kan verskyn.

Levítikus 9