14. En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.
15. Daarna het hy die offer van die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat vir die volk bedoel was, en dit geslag en dit as sondoffer gebring soos tevore.
16. Verder het hy die brandoffer gebring en dit berei volgens voorskrif.
17. En hy het die spysoffer gebring en ’n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar, behalwe die môrebrandoffer.