1. EN op die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die oudstes van Israel geroep
2. en aan Aäron gesê: Neem vir jou ’n bulkalf as sondoffer en ’n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle voor die aangesig van die Here.
3. En spreek met die kinders van Israel en sê: Neem ’n bokram as sondoffer en ’n kalf en ’n lam, altwee een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,