Levítikus 8:25-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.

26. Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die Here was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit

27. en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg.

28. Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; ’n wydingsoffer was dit as lieflike geur, ’n vuuroffer aan die Here.

29. Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die Here Moses beveel het.

30. Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig.

Levítikus 8