7. En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo — is dit ’n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels.
8. Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.
9. En as dit vee is waarvan hulle aan die Here ’n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan die Here gee, heilig wees.
10. Hy mag dit nie omwissel of omruil nie — ’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie; maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees.
11. En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die Here geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel,
12. en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.
13. Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.
14. En as iemand sy huis as heilige gawe aan die Here toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.
15. En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.
16. En as iemand ’n stuk land van sy besitting aan die Here heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ’n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.