Levítikus 27:26-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Maar die eersgeborene van ’n dier wat as eersgeborene aan die Here behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ’n bees is of ’n stuk kleinvee — dit behoort aan die Here.

27. Maar is dit van ’n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.

28. Maar niks van die bangoed wat iemand aan die Here wy, van alles wat aan hom behoort — mense of vee of grond wat in sy besit is — mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die Here hoogheilig wees.

29. Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.

30. Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die Here; dit is heilig aan die Here.

Levítikus 27