Levítikus 27:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.

13. Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.

14. En as iemand sy huis as heilige gawe aan die Here toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.

15. En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.

16. En as iemand ’n stuk land van sy besitting aan die Here heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ’n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.

17. As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig — volgens jou skatting, so moet dit bly.

Levítikus 27