Levítikus 25:37-45 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

37. Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.

38. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, om julle God te wees.

39. En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.

40. Soos ’n dagloner, soos ’n bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;

41. dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy geslag terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan.

42. Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ’n mens ’n slaaf verkoop nie.

43. Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God vrees.

44. Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sal behoort — van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ’n slaaf of slavin koop.

45. En ook van die kinders van die bywoners wat by julle vertoef — van hulle mag julle koop en van hulle geslag wat by julle is, wat hulle in julle land verwek het; en dié sal vir julle ’n besitting wees.

Levítikus 25