Levítikus 21:12-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die Here.

13. En hý moet ’n vrou in haar maagdelike staat neem.

14. ’n Weduwee of een wat verstoot is of ’n onteerde, of ’n hoer — hulle moet hy nie neem nie; maar ’n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,

15. dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die Here wat hom heilig.

16. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

17. Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.

18. Want niemand aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: ’n blinde of ’n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie ’n liggaamsdeel te lank is,

19. of iemand wat ’n been of ’n arm gebreek het,

20. of wat ’n boggel het of uitgeteer is of ’n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of ’n gebreklike skaamdeel het.

21. Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die Here te offer nie. ’n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.

22. Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet;

Levítikus 21